Die #servolusie koors affekteer nog steeds
almal op kampus met die dat Nationals ook vanjaar hier op die PUK aangebied
word. Dit het my nogal laat dink, wat het hierdie jaar alles gebeur met ons eie
Sêr?
Sêr is een van
die lekkerste dinge wat mens op ʼn verhoog kan doen, die adrenalien pomp en die
senuwees loop maar hoog, maar dit is die vinnigste sewentien minute van jou
lewe. Alhoewel, dit lekker is om die applous van die skare te hoor en die rush
is nie iets wat jy sommer net kan beskryf nie, besef baie mense nie watter
harde werk Sêr eintlik is nie.
Dit is vyf of ses maande se klipharde
oefening, dit is ʼn challenge vir baie van die eerstejaars, selfs al het hulle ʼn
agtergrond van koor. Dit is ʼn groep meisies wat bymekaar wat mekaar nie ken nie en hoop dat die naels
en katterigheid weg sal bly. Dit is vir
baie ‘n ongelooflike emosionele journey waar jy van die beste van jou
vriendinne ontmoet.
But its not all fun and games. Dit is die
grootste eer om vir jou koshuis Sêr te kan sing en daarom is dit baie harde werk en
elke individu moet toegewy wees. Om hierdie rede is dit nodig dat ek ook
krities moet wees, terwyl ek in gedagte hou dat ons agttien eerstejaars in
die Sêr gehad het was ons
grootste probleem volume.
Dit nou klaar gesê, is ek nog steeds
baie trots om deel te kon wees van so ʼn dinamiese groep meisies! Hierdie jaar
het ons ondervinding op gebou, ek is baie opgewonde oor wat in die toekoms vir
ons wag.
L*
No comments:
Post a Comment