Thursday 4 June 2015

Eksamenenke

Eksamenwenke vir jou!

Die woord wat gelyktydig ʼn knop in jou keel en ʼn hol kol op jou maag bring… EKSAMEN!! Dit voel vir jou soos een groot berg waaroor jy kaalvoet moet loop, kompleet soos ʼn voortrekker oor die Drakensberge. Voor paniek jou wil oorval hier is ʼn paar wenke, sodat jy tenminste skoene aan jou kaalvoete het vir die EKSAMEN-berg.

©       Prioritiseer die werk volgens wat die belangrikste is, sodat jy weet wanneer jy moet begin leer vir jou onderskeie vakke.

©       Sit die inhoud mooi uiteen, sodat jy nie in die donker is oor wat jy moet leer nie, werk deur ouvraestelle en die riglyne wat die dosente gee.

©       Leer op die wyse wat die beste vir JOU werk, of dit deur opsommings, rympies of breinkaarte is.

©       Beloon jouself met iets wat jy geniet, as jy ʼn sekere aantal werk bemeester het.

©       Neem breuke terwyl jy leer, want niemand kan ure en ure aanmekaar leer nie. Dit sal help om jou gedagtes af te lei en sodoende stres te verminder.

©       Kry genoeg slaap in, die aanbeveelde tyd is ten minste agt ure voor jy ʼn vraestel skryf.

©       Eet gesond. Neute, vars groente en vrugte en jogurt is lekker vir peusels happies. Drink ook genoeg water sodat jy gehidreer bly.

©       Maak tyd om te gaan oefen, al gaan stap jy net om die blok, dit sal help om jou kop skoon te kry en sodat jy beter sal fokus wanneer jy weer begin leer.

©       Kry ʼn plekkie in jou woonstel waar jy die bestel sal leer, verkieslik by ʼn tafel met ʼn stoel en onthou die ABC – Apply Bottom to Chair.

©       Selfbeheersing is baie moeilik, maar bere jou selfoon en as die mense regtig vir jou lief is, sal hulle verstaan.




Baie sterkte en onthou ons krag kom van bo. Psalm 121:1-2 “Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”